Bateleur Natuur Reservaat, Waterberg. Stap naweek 17-19 Mei 2019.

Die Stapgroep het ‘n heerlike naweek (17-19 Mei) in die Bateleur Natuur Reservaat met dapper en stapper deurgebring.

Bateleur  is in Nylstroom in Limpopo Waterberg-streek geleë. Die reservaat bied jou die geleentheid om op jou eie in die bos te lewe en te verken soos jy wil.

Daar is nog heelwat geleenthede oor vir die jaar en die Stapgroep nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit.

Kom ons geniet die paar kiekies…

Seniors kuier weer Donderdag 13 Jun 2019

Donderdag 13 Jun 2019

Onthou die “Sop en Sherry” op Donderdag 13 Junie.

Dit is net die regte ding vir die koue wat ons so onverhoeds betrap het. Laat weet asseblief voor  of op 10 Junie wie gaan kom en wie sal sop maak, broodjies en/of Sherry bring by Bettie Langkilde (012 664 3456 / 082 678 6752) of by die kerkkantoor.

Plek: Kerksaal  Tyd: 11h00

Sop en Sjerrie 2019

Maak reg vir die gemeente se Winterkuier op Vrydag 26 Julie 2019 by die Dienssentrum: Sop en Sjerrie.

Wat kan jy verwag? Die allerlekkerste kuier rondom ‘n verskeidenheid van geurige sop, vars brood, tuisgemaakte konfyt, warm sjerrie en goeie, lewendige musiek.

Ons benodig: Persone wat hulle geurigste sop wil inskryf. Gasvroue wat vriende, familie en lidmate om hulle tafel wil verwelkom.

Koste: R45 vir volwassenes en R15 vir Laerskoolkinders

Stapgroep – Morelettaspruit Natuurreservaat

Verlede naweek het die Stappers heerlik gaan voetslaan in die.

Hulle is ryklik beloon met die pragtige natuurskoon.

Die volgende geleentheid is 17-19 Mei in die Bateleur reservaat, Waterberg.

Enige een welkom – maak gerus kontak met Mary Anne.